Skoolorganisasie
Geskeduleerde vergaderings van die besture en komitees vind gereeld plaas. ‘n Sakelys word voor die aanvang van ‘n vergadering vasgestel. Enige sake vir bespreking moet ten minste ‘n week voor die vergadering aan die sekretaresse deurgegee word.
Vereniging vir Gereformeerde Skoolonderwys te Kaapstad

Die Gereformeerde Laerskool Bellville staan onder beheer van die Vereniging vir Gereformeerde Skoolonderwys te Kaapstad (VGS). Die VGS bestaan uit ongeveer 80 lede wat die skool moreel en finansieël ondersteun. Die doel van die basis van die VGS is saamgevat in sy grondwet. Vir inligting of navrae oor die inhoud van die grondwet kan u met een van die onderstaande bestuurslede of die skoolhoof in verbinding tree.
Die skoolbestuur
Die bestuur van die VGS tree op as werkgewer van die personeel en as eienaar van die geboue en toerusting.
Bestuurslede van die VGS word verkies vir ‘n vasgestelde termyn. Die huidige skoolbestuur is:
Mnr. Ernst van Vondel (voorsitter)
Mnr. Morne Jolie (geboue en terrein)
Mnr. Freek van Renssen (algemeen)
Mev. Elmien Begemann (sekretaresse)
Mev. Janneke Roos (boekhouer)

GLB Forum
Wanneer mens die woord forum in die woordeboek opsoek, sal die definisie "publieke geleentheid om oor sake van gemeenskaplike belang te gesels" 'n uitstekende beskrywing van die GLBF se funksie wees. Ons wil as personeel saam met die ouers oor iets gesels wat ons almal na aan die hart lê: die opvoeding en welsyn van ons kinders. En met die genadige seen van ons Hemelse Vader in wie se Naam ons alles by GLB wil doen, vertrou ons dat die GLBF tot verryking van alle ouers en personeel betrokke by die GLB sal dien.
Die huidige samestelling van die GLBF is soos volg:
Me. Henriette van der Linden
Me. Petra Botha
Me. Dirmu Gouws
Me. Elsbeth van der Linden
Die Moederkomitee
‘n Aantal ma’s van van die skoolkinders werk saam in die Moederkomitee vir die versorging van vergaderings, die reël van fondsinsamelings ens. Hulle versorg ook die voorkoms en netheid van die skool.
Die huidige samestelling van die Moederkomitee is soos volg:
Me. Lineke Antonides
Me. Marjan Antuma
Me. Elize Opperman
Me. Petra Botha (spesifiek vir skooldrag)
Die moederkomitee, in samewerking van die graad 7’s, bedryf ook die “snoepie” by die skool. Goedkoop lekkergoed word elke Vrydag in eerste pouse aan die leerders verkoop. In die winter word daar pannekoek en worsbroodjies verkoop.
Die Akademiese komitee
Die Akademiese kommitee is `n liggaam bestaande uit oud-onderwysers wat die personeel ondersteun rondom akademiese sake.
Prof. Anne Groenwold (voorsitter)
Mev. Elsbeth van der Linden (sekretaresse)
Mev. Alida Geerts
Mev. Diana van Renssen