Skoollied
Elke dag mag
ons hier saamkom
Om weer meer en meer te leer
Van die wonders van U, Here,
En verryk word keer op keer
Vanaf somme tot die leesles,
Wetenskap of geskiedenis.
Deur die vakke skyn die waarheid
Van U, Heer, wat die Skepper is.
Daarom sing ons U ‘n danklied
Vol van bly verwondering,
Waarvan U ons deel gemaak het
En ons in U rykdom bring.
Leer ons woeker met ons gawes
Tot ons is gevormde klei
In U pottebakkershand, Heer,
Diensbaar aan u toegewy.